VGK Bonteheuwel

Draers van die Lig

  • Full Screen
  • Wide Screen
  • Narrow Screen
  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Newsflash

Lukas 10 Transformasie


L-10-T

(LUKAS 10 TRANSFORMASIE)

‘n  Revolusionêre nuwe leefstyl van gebed, omgee en uitgee van die evangelie, deur Jesus Christus ingestel!

L-10-T gaan jou verander om ’n aktiewe gestuurde van Christus te wees!


 

  • Preekreeks 26 Feb – 1 April tydens Erediens
  • Kleingroep byeenkomste
  • Spesiale Fokus op die Jeug en Kinders
 

Welkom by VGK Bonteheuwel

L-10-T

E-mail Print PDF

L-10-T

(LUKAS 10 TRANSFORMASIE)

 ‘n  Revolusionêre nuwe leefstyl van gebed, omgee en uitgee van die evangelie, deur Jesus Christus ingestel!

 L10-T is ‘n gemoderniseerde weergawe vir vandag se dissipels wat in vier maklike stappe ingedeel is.  L-10-T is gebaseer op Jesus se sending en terugkoms van die 72 dissipels in Lukas. Die stappe is aangepas om moontlik te wees vir alle Christene wat Jesus se basiese opdragte in hul daaglikse lewe wil volg.

  • L-10-T is ’n leefstyl vir vandag se dissipels
  • L-10-T is gebaseer op Jesus se uitstuur en leer van die dissipels
  • L-10-T maak dit moontlik vir Christene om Jesus se leefstyl in hul daaglikse lewe te volg 
  • L-10-T gee aan jou geloof “skoene” wat dit moontilk maak dat jy jou geloof kan uitleef oral waar jy gaan.

 L-10-T gaan jou verander om ’n aktiewe gestuurde van Christus te wees!

 Onlangse navorsing na die redes waarom nie-Christene na Christus keer, bewys dat die meerderheid (ongeveer 75-90%) van die persone wat na Christus keer dit doen deur direkte of verhoudingsgebaseerde evangelisasie - gewoonlik oor ‘n lang tydperk en meestal deur die insette van verskeie Christene.  L-10-T gee aan jou geloof “skoene” wat dit moontilk maak dat jy jou geloof kan uitleef - nie net by die huis, gebedsgroep of gemeente nie, maar ook daar waar jy werk, skool gaan, inkopies doen, ontspan of selfs waar jy reis!

 L-10-T is vir almal

 Hoe gaan dit werk?

  •  Preekreeks 26 Feb – 1 April tydens Erediens
  •  Kleingroep byeenkomste
  •  Spesiale Fokus op die Jeug en Kinders
  •  Opleiding na die reeks
Last Updated on Thursday, 08 March 2012 12:01

Eredienste

E-mail Print PDF

Preekrooster: Maart/April 2012

Sondag 4 Maart 10h00: Ds PJ Adams (Dankoffers-L 10 T Sondag 1)

Sondag 11 Maart 10h00: Ds PJ Adams (L 10 T Sondag 2)

Sondag 18 Maart 10h00: Besoekende Prediker (L 10 T Sondag 3)

Sondag 25 Maart 10h00: Ds PJ Adams (L 10 T Sondag 4)

Sondag 1 April 10h00: Ds PJ Adams (Doop-Palmsondag-L 10 T Sondag Afsluiting)

Vrydag 6 April 9h00 : Ds PJ Adams (Nagmaal-Goeie Vrydag)

Sondag 8 April 7h00: Ds PJ Adams (Opstandingsdiens)

Sondag 15 April 10h00: Ds B Handel (Ringskanselruilings)

Sondag 22 April 10h00: Besoekende Prediker (Kinderdiens)

Sondag 29 April 10h00: Ds PJ Adams

 

Last Updated on Sunday, 11 March 2012 22:47

Afkondigings

E-mail Print PDF
Afkondigings 4 Maart 2012
1. Dankoffers. L10 T Sondag 1 (Eerste Beginsel). Vrouebediening vergader vanmiddag om 3uur in die Kerksaal.
2. Weekprogram:
• Leraars afsondering en Beplanning Maandag tot Dinsdag
• Brigade Maandag-aand om 5uur.  Alle jongmense welkom.
• Kinderbond Dinsdag om 4uur.  Alle kindertjies 5-14jaar is welkom.
• Finansies Bedieningsgroep vergader Dinsdag om 7uur in die konsistorie
• Katkisasie klasse Woensdag om halfses.
• CYM vergader Donderdag-aand om 7uur in Kerksaal.  Alle jongmense welkom.
• Kerkkoor oefen Saterdag om 3uur in die Kerk.
3. Volgende Sondag is 3de Sondag in Lydenstyd. Dankoffers. L10 T Sondag 2 (Tweede Beginsel). Sondagskool om 9uur.  Blommebeurt: Wyk 14.
4. Funksies
Wyk 9 het Naweek Trip na Dennebos Holiday Resort op 21-24 September 2012.  Prys: R650 (p/p). Kontak: Jacomine Beukes 021-6945371
CYM het Karaoke op Vrydag 30 Maart by die Multi-Purpose saal. Prys R20. Kaartjies by die CYM lede.
Kerkkoor het uitstappie na Dennebos Vakansie-oord 26 tot 30 April 2012. Prys R600; Kinders o/12 R300.
Gemeente dag uitstappie op Saterdag 31 Maart na Mnandi resort. Prys R60 (volwassenes) en R35 (kinders 0/12).
Afkondigings 11 Maart 2012
 
Vandag 3de Sondag in Lydenstyd.  L10 T Sondag 2 (Tweede Beginsel). 

Weekprogram:
Brigade Maandag-aand om 5uur.  Alle jongmense welkom.
Kinderbond Dinsdag om 4uur.  Alle kindertjies 5-14jaar is welkom.
Katkisasie klasse Woensdag om halfses.
Wyksbidure eerskomende Woensdag-aand.
CYM vergader Donderdag-aand om 7uur in Kerksaal.  Alle jongmense welkom.
Kerkkoor oefen Saterdag om 3uur in die Kerk.

Volgende Sondag is 4de Sondag in Lydenstyd. L10 T Sondag 3 (Derde Beginsel). Sondagskool om 9uur.  Blommebeurt: Wyk 14. 

Ringswerkswinkel oor Leierskap op 17 Maart 2012 te VGK Belhar-Oos.  Ons begin om 12h00 tot 17h00,  maar registrasie sal plaasvind vanaf 11h30.

Funksies
Wyk 9 het Naweek Trip na Dennebos Holiday Resort op 21-24 September 2012.  Prys: R650 (p/p). Kontak: Jacomine Beukes 021-6945371
CYM het Karaoke op Vrydag 30 Maart by die Multi-Purpose saal. Prys R20. Kaartjies by die CYM lede.
Kerkkoor het uitstappie na Dennebos Vakansie-oord 26 tot 30 April 2012. Prys R600; Kinders o/12 R300.
Gemeente dag uitstappie op Saterdag 31 Maart na Mnandi resort. Prys R60 (volwassenes) en R35 (kinders 0/12)
Last Updated on Sunday, 11 March 2012 22:44
You are here: Tuisblad